Skep ‘magic’ in jou besigheid

Rietmark ontvang soms die volgende terugvoer vanaf kliënte – “Die ekonomie is nou so taai, ons kan nie bekostig om te adverteer nie”. As jy jou eie stem herken, lees gerus verder oor hoe om die ‘magic’ terug te sit in jou besigheid!

Om te adverteer is noodsaaklik, so noodsaaklik soos ontbyt eet soggens, want dit is die energie wat elkeen nodig het vir die dag. Sit vandag ook energie in jou besigheid deur te adverteer in Rietmark – geen onderneming kan optimaal groei sonder advertensie blootstelling nie.

Advertensies moet ‘n paar keer deur potensiële kliente raakgesien of gelees word voor dit insink (navorsing bewys dit is minstens agt keer). Met herhalende advertensies ontwikkel die kliënt ook vertroue in die standvastigheid van jou besigheid (lesers hou dop wie is ‘fly-by-nights’…).

Volgens ‘n onlangse meningsopname is die meeste Rietmark adverteerders baie tevrede met die respons op hul advertensies. Adverteerders het egter ook hul eie verantwoordelikheid – alhoewel Rietmark sorg dra vir optimale verspreiding (tans 80 000 huishoudings), hoë kwaliteit uitleg en drukwerk, asook die bewese gewildheid van ons boekie – is die groei van elke adverteerder se onderneming nie net afhanklik van jou advertensie in Rietmark nie.

Die resessie het op alle ondernemings ‘n impak en met die stadige herstel van die ekonomie is dit noodsaaklik vir adverteerders om te besef dat adverteer alleen nie die enkel faktor behoort te wees vir navraag en belangstelling in jou dienste nie. Gaan kyk wie is jou opposisie, wat doen hy wat anders is as jy, doen navorsing oor sy besigheid en prys struktuur, pas jou pryse dien ooreenkomstig aan. Kyk watter diens lewer hy, loop sy onderneming dalk die ekstra myl? Bied aanbiedinge aan, gee iets weg. Verander, rek en strek tot ‘magic’ gebeur.

Kyk ook na jou besigheid – volg jy dadelik alle navrae op, tree jou personeel te alle tye professioneel op, ervaar kliënte ‘n positiewe en aangename atmosfeer? Rietmark kan die kliënte tot by jou deur bring – maar van daar is goeie diens en kliënte tevredenheid jou verantwoordelikheid. As jy kyk na hierdie basiese aspekte, kan ‘magic’ weer terugkeer na jou besigheid.

‘Magic’ is as jou telefoon begin lui en jou onderneming werk uit jou advertensie inkry, maar ‘magic’ moet jy as eienaar gaan haal, moeite voor doen, teruggaan na die tekenbord.

Doen weer ‘n missie en visie bepaling vir jou onderneming en maak dit die stukrag wat jou sal dra in alle tye – maklik of moeilik.

Ada Neumeyer van Rietmark – ada@rietmark.co.za / 084 989 2552

Advertisements

About Rietmark

Rietmark was established in 1997 to assist small and home businesses with the marketing of their business or service. Every month 80 000 advertising booklets are printed and distributed in Pretoria Moot, North, East and Centurion. We also offer design and printing services - business cards, flyers, car magnets, banners, chromadek sign boards, posters, vinyl stickers and more! www.rietmark.co.za.
This entry was posted in Your Business. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s