Beeld van jou tuis-besigheid

Wanneer jy jou besigheid uit jou huis bedryf, moet jy bedag wees op die beeld wat jou besigheid uitdra na jou bestaande en potensiële kliënte.

Die eerste indruk wat jou potensieel nuwe kliënt kry, is wanneer hy nog buite in sy motor sit. Dis sommer hier waar sommiges al koue voete kry en wegry nog voor hulle selfs by jou deur ingestap het. Die ingang en vooraansig van jou huis is dus baie belangrik. Is die muur netjies geverf, die straatnommer duidelik en netjies aangebring, die gras gesny en die tuin netjies versorg? Maak ook seker dat jou honde nie ‘n oorlas van hulself maak nie – hou hulle liewer in ‘n ander deel van die erf. Hoe die kliënte jou en jou besigheid beoordeel, het ‘n baie groot verband met die eerste indrukke wat hulle van jou en jou tuis-besigheid kry.

Die volgende stap, na hulle hopelik deur jou netjiese voortuin gestap het, is die toestand en voorkoms van jou kantoor, studio of ontvangsvertrek. ‘n Deurmekaar lessenaar, ‘n warboel gesins-items, ‘n ongemaklike atmosfeer, kinders en troeteldiere wat in en uit beweeg – dit alles spreek van onprofessionaliteit. Natuurlik hang dit af van die besigheid waarin jy is (kinders en diere is nie ‘n probleem as jy ‘n dagsorgsentrum besit of troeteldiere versorg nie). Maar steeds moet jy onthou – jou kliënte wil gemaklik en met vertroue in jou besigheid instap, en moet kan staat maak op werk wat goed en betyds gedoen word.

Nog idees om te onthou, is om te sorg vir genoeg veilige parkering buite, asook om goed aangetrek te wees en nie in kamerjas en pantoffels gevang te word nie! Raam ook gerus jou toekennings of van die produkte of dienste wat jy lewer – probeer om jou beskikbare spasie soveel moontlik na ‘n besigheids-interieur te laat lyk. Sonder om iets te sê, vertel jou dekor die storie van jou en jou besigheid.

Die gevolgtrekking? Die atmosfeer binne en buite jou tuis-besigheid of kantoor vertel ‘n storie van jou en jou besigheid. Die kliënte is die belangrikste deel van jou besigheid, en hulle moet jou dienste met vertroue kan gebruik. Laat jou omgewing die storie namens jou vertel.

Advertisements

About Rietmark

Rietmark was established in 1997 to assist small and home businesses with the marketing of their business or service. Every month 80 000 advertising booklets are printed and distributed in Pretoria Moot, North, East and Centurion. We also offer design and printing services - business cards, flyers, car magnets, banners, chromadek sign boards, posters, vinyl stickers and more! www.rietmark.co.za.
This entry was posted in Your Business. Bookmark the permalink.

One Response to Beeld van jou tuis-besigheid

  1. Randal says:

    Howdy! This blog post couldn’t be written any better! Looking through this post reminds me of my previous roommate! He continually kept talking about this. I am going to forward this article to him. Fairly certain he’ll have a good read.
    Thank you for sharing!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s