Warm Heart Feeding Projects

Warm Heart Feeding Projects is vanaf 2006 besig om die mindervoorregtes te help met voeding, klere, huisraad, skoolskryfbehoeftes en geskenke. Ons het in 2008 geregistreer by die Departement as ‘n Nie Winsgewende Organisasie (registrasienommer 065-130 NPO). Vir almal betrokke by Warm Heart is dit baie belangrik om te kan help waar daar ‘n groot behoefte is. Ons help gesinne in Mamelodi, Eersterust, Jan Nieman Park, Lindro Park en East Lynn. Ons grootste behoefte is tans om ‘n perseel van ons eie te kan kry vir ‘n sopkombuis, om meer gesinne te kan voed.

Jaarliks hou ons ook ‘n Kersboom funksie vir die gesinne uit bogenoemde areas in die East Lynn Gemeenskapsaal. Op die dag beloop die gesinne ‘n total van +/- 1200 persone wat bederf word vir die dag met speletjies, musiek, kersete en ‘n besoek van Kersvader met ‘n geskenk vir elke persoon wat die dag by woon. In 2010 het ons twee Kersbome gehou een was in Kameeldrift Plakkerskamp en die ander in East Lynn Gemeenskap Saal. Dit is wonderlik om ‘n dag vir die gesinne te kan hou en te weet hulle het ook ‘n bietjie Kersfees ontvang.

Ons wil ook verder gaan om ‘n sorgsentrum te kan oprig met beraders en gesondheidsorg vir die oues van dae. Om ook personeel te kan aanstel om siekes wat nie by die klinieke kan uitkom nie, te help versorg. Vir hierdie projek het ons dringende fondse nodig om ‘n plek te kan kry wat geleë is vir die behoeftiges, soos ons weet is dit moeilik om ‘n lening by die banke te kan kry om die perseel mee te kan koop, so op hierdie stadium is ons besig met ernstige fondsinsamelings om vir ons die nodige fondse bymekaar te kan maak om die plek kontant te kan koop.

Ons inkomste bestaan uit donasies, skenkings, fondsinsamelings.

Vir 2011 is daar fondsinsamelings funksies gereël wat die volgende datums is:

– 02/06/2010 – ‘n Gholfdag by Waterkloof Golf Klub,
– 02/07/2011 – Fondsinsameling by Pretoria Noord Stadsaal
– 06/10/2010 – Gholfdag – Divan van den Heever reël vir ons ‘n veiling na die gholfdag
– 05/11/2011 – ‘n Dames oggend tee, East Lynn Gemeenskap Saal
– 10/12/2011 – Kersboom funksie in Kameeldift Plakkerskamp
– 17/12/2011 – Kersboom funksie in East Lynn Gemeenskap Saal

Ons woon ook feeste by waar ons ‘n Warm Heart Stalletjie het om ons handgemaakte items te verkoop om die nodige benodighede te kan aankoop vir ons kosprojekte.

Warm Heart Feeding Projects is baie trots om vir 2011 aan te kondig dat Gerhard Odendaal (beter bekend as Vaatjies van die Mollie & Wors TV reeks) as ons beskermengel deel is van al ons projekte. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid wat op ons almal se hart lê om hierdie organisasie net na die hoogtes van alle hoogtes te kan neem.

Warm Heart Feeding Projects word deur ons Almagtige Hemelse Vader bewaar wat vir ons voorsien om weer op ons beurt aan ander te kan voorsien wat nie vir hulle self kan voorsien nie.

Vir enige navrae oor ons projekte kan U my skakel: Alta Botes 083 440 6636 / 012 548 2355 / maabotes@iburst.co.za.

Advertisements

About Rietmark

Rietmark was established in 1997 to assist small and home businesses with the marketing of their business or service. Every month 80 000 advertising booklets are printed and distributed in Pretoria Moot, North, East and Centurion. We also offer design and printing services - business cards, flyers, car magnets, banners, chromadek sign boards, posters, vinyl stickers and more! www.rietmark.co.za.
This entry was posted in Rietmark Outreach. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s