Goeie diens maak ‘n verskil in jou besigheid

In Suid-Afrika is dit maklik om te kla oor swak dienslewering – ons ervaar dit alte gereeld by verskeie tipe ondernemings en instellings. Maar wat van ons eie besighede? Rietmark daag jou uit om in ‘n spieël na jou besigheid te kyk. Maak vanjaar ‘n verskil in jou besigheid deur die lewer van voortreflike diens!

Eerstens kan jy besin oor watter waardes jy toevoeg tot jou produk of diens. Fokus jy daarop om ‘n afgeronde produk of diens, met al die sisteme in plek, te lewer? Jou onderneming behoort homself op minstens ‘n paar van hierdie fasette van die kompetisie te onderskei –

• Die gehalte van my produk of diens.
• Die professionele beeld van my onderneming.
• Die gerief om sake met my onderneming te doen.
• Die tydigheid om ʼn oplossing vir ʼn kliënt se behoefte aan te bied.
• Die kompeterendheid van my pryse.
• Hoe veilig dit is om my produk of diens te gebruik.
• Die betroubaarheid van my advies of produk vir die oplossing van die kliënt se probleem of behoeftes.

Tweedens kan jy poog om die huidige vlakke van jou dienslewering te evalueer. Vra jou jouself die volgende vrae af, en gee eerlike antwoorde – onthou, jy is nog besig om in die spieël te kyk, so daar is nie wegkruipplek agter valse antwoorde nie. En as jy nie seker is nie, vra jou personeel en veral ook jou kliënte.

• Lewer ek ʼn vlak van diens wat my kliënte se verwagtings oortref?
• Luister ek regtig na my kliënte se behoeftes?
• Weet ek met watter kliënte ek gereeld besigheid doen?
• Sien ek die individu agter elke kliënt raak?
• Hoe hanteer ek ontevrede kliënte?
• Het ek al myself na my kliënte se skoene verplaas? Wat sou my dienservaring van my eie onderneming wees?

Sodra jy weet wat die toegevoegde waarde is wat jy vir die kliënt bied, en hoe dit beinvloed word deur goeie of slegte diens, kan jy die tekortkominge in jou dienslewering identifiseer en daadwerklik aanspreek. Doen dus nou self-ondersoek en kyk watter verskil toegevoegde waardes, ondersteun deur goeie dienslewering, aan jou besigheid kan maak.

Advertisements

About Rietmark

Rietmark was established in 1997 to assist small and home businesses with the marketing of their business or service. Every month 80 000 advertising booklets are printed and distributed in Pretoria Moot, North, East and Centurion. We also offer design and printing services - business cards, flyers, car magnets, banners, chromadek sign boards, posters, vinyl stickers and more! www.rietmark.co.za.
This entry was posted in Your Business. Bookmark the permalink.

4 Responses to Goeie diens maak ‘n verskil in jou besigheid

  1. Thankfully some bloggers can still write. Thanks for this post!!!

  2. Rietmark says:

    Thanks for the compliment – really appreciate!!

  3. This surely makes perfect sense to me!

  4. You couldn’t be more on the money.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s