Maak ‘n groen verskil in jou huis

Almal van ons wil meer ‘groen’ leef, maar weet nie aldag hoe ons dit in ons huis en kantoor kan regkry nie. As deel van Rietmark se bydrae tot ‘n groener omgewing, deel ons graag hierdie praktiese wenke.

1. Bring jou eie inkopiesakke
Die idee is natuurlik om altyd sakke in jou motor te hou. Maar dit maak nie saak hoe hard ek probeer nie – ek het minder as 50% van die kere sakke as ek dit nodig het. Dis eintlik ‘n maklike gewoonte om te verander – beplan net vooruit oor wanneer jy gaan inkopies doen.

2. Gebruik koue water vir jou wasgoed
Het jy geweet dat die gebruik van koue water beter is vir die omgewing, en nog steeds jou klere skoon kry? Spaar die warm water vir wasgoed wat baie erg vuil is – andersins behoort koue water die werk heeltemal goed te doen.

3. Gebruik eko-vriendelike skoonmaakmiddels
Nog ‘n maklike ding om te doen, is om eko-vriendelike skoonmaakmiddels en waspoeier te gebruik. Koop dit of maak dit sommer self. Byvoorbeeld, meng asyn en water in gelyke dele en gebruik as veeldoelige sprei vir vensters en ander oppervlaktes. Kyk vir nog idees in jou ouma se boek van boererate, of soek op die internet.

4. Koop organiese produkte
Jy neem ‘n omgewings-vriendelike keuse deur organies verboude kos en klere gemaak van natuurlike tekstiele te koop. Chemikalieë wat normaalweg in boerdery gebruik word, kan skadelik vir die omgewing wees, asook vir ons eie liggame. Selfs al kan jy nie alles organies koop nie, maak die paar organiese produkte wat jy wel aankoop ook ‘n verskil.

5. Maak jou eie organiese groentetuin
Dink jy organiese produkte in die winkels is nog te duur? Begin dan jou eie organiese groentetuin. Selfs al het jy nie ‘n groot erf nie, kan jy steeds ‘n paar plante in ‘n houer of op ‘n balkon plant. Spaar nog meer geld deur al jou groente van saad te kweek.

6. Eet gesond
Wanneer ek my inkopietrollie vol vooraf verpakte en verwerkte produkte laai, betaal ek maklik dubbel so duur. Koop vars groente en vrugte en leef gesonder.

Advertisements

About Rietmark

Rietmark was established in 1997 to assist small and home businesses with the marketing of their business or service. Every month 80 000 advertising booklets are printed and distributed in Pretoria Moot, North, East and Centurion. We also offer design and printing services - business cards, flyers, car magnets, banners, chromadek sign boards, posters, vinyl stickers and more! www.rietmark.co.za.
This entry was posted in Going Green. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s