Nuwe kleuterskool in Kameeldrift

Goeie nuus!! Op 27 Januarie 2011 het Doulos Gemeenskapsprojek hul derde kleuterskool oopgemaak by die Filidelphia Sorgsentrum in Kameeldrift. 9 Kinders, vanaf babas tot 5-jariges, word hier versorg.

Soos enige ander kinders was hulle bang en opgewonde op hulle eerste dag, maar het gou ingeval en begin speel met al die speelgoed. Myra en haar span het werklik hard gewerk, en met skenkings van Doulos kon die skool volwaardig open.

Ds Peet Swanepoel het die opening waargeneem met skriflesing en gebed waarna elke kind ‘n tassie ontvang het met skryfbehoeftes en lekkers. Dankie aan almal, en veral Dirk – die eienaar van Filidelphia – wat die opening van hierdie skool moontlik gemaak het!

Doulos beoog om gedurende 2011 nog drie kleuterskole by nedersettings oop te maak. Die ander kleuterskole van Doulos is by Sonheuwel karavaanpark en op Sonop in Brits. Die kurrikulums is dieselfde in al die kleuterskole sodat kleuters wat verhuis na ’n ander nedersetting, doodgewoon aangaan met die program.

Raak betrokke en maak ’n verskil!

Kontak Doulos by 012 755 8199 of
hans@armoedebediening.co.za.
www.armoedebediening.co.za

Soos geplaas in Rietmark Outreach – Maart 2011

Advertisements

About Rietmark

Rietmark was established in 1997 to assist small and home businesses with the marketing of their business or service. Every month 80 000 advertising booklets are printed and distributed in Pretoria Moot, North, East and Centurion. We also offer design and printing services - business cards, flyers, car magnets, banners, chromadek sign boards, posters, vinyl stickers and more! www.rietmark.co.za.
This entry was posted in Rietmark Outreach. Bookmark the permalink.

3 Responses to Nuwe kleuterskool in Kameeldrift

  1. alice says:

    Ht jul dalk enige poste beskikbaar

  2. Rietmark says:

    Hi Alice – kontak sommer direk vir Doulos by:
    Doulos Armoedebediening
    Hans Janse van Rensburg
    Tel: 012 755 8199
    083 269 7082
    hans@armoedebediening.co.za
    http://www.armoedebediening.co.za

    Nog projekte op Rietmark se webwerf – http://rietmark.co.za/outreach.html

  3. mickey says:

    Hi. Ek is Mickey, 23,wou hoor of jul ni dalk hulp by jul kleuterskole nodig het nie?danki.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s