Blanke armoede – ‘n dag in die lewe van …

Vanoggend, soos enige ander oggend word ek wakker gemaak deur die voëlgesang om drie-uur en die koue. Sy ysterkloue miskien nie so fel soos vroeër die winter nie, maar nou dat die nag sy spore diep trap voel ek dit steeds. By my kersie lees ek my Bybel en trek ekstra klere aan om warm te word. Die kombuis sluit eers om agt-uur oop waarna ek vir my flou tee sal kan maak want ek gebruik maar die sakkies oor en oor om ‘n bietjie te bespaar. Die grondeienaar laat geen elektriese stofies of apparaat toe in ons sinkhuisies nie, die kombuis het warm water en ‘n mens kan daar gaan kry. Dit is egter nog 5 uur weg en die koue knaag.

Later breek die dag, en daarmee saam ‘n stukkie van my moed vir die dag wat voorlê. Vandag moet ek kliniek toe gaan vir my chroniese medikasie. Die kliniek is 10km van my af by Pyramid. Niemand hier het vervoer nie so ek val so 07:00 in die grondpad af grootpad toe want my kanse is goed om ‘n geleentheid dalk by iemand te kry. Nog steeds byt die koue en kon ek nog nie iets warms drink nie. By die grootpad sny die wind my in stukkies maar ek loop. Kort voor lank laai iemand my op en laai my oorkant die kliniek af. Ek pak die laaste 2km deur die veld en oor die treinspoor aan. Daar wag ek drie ure om gehelp te word en uiteindelik gee suster Sylvia my pille vir my.

Hierdie keer wag ek langer vir ‘n geleentheid en ek is eers drie-uur weer terug by die kamp. Daar aangekom haas ek my na die kombuis vir my koppie tee. Nee, die grondeienaar het vandag van alle dae besluit dat niemand die kombuis sal gebruik nie. Derhalwe terug na my sinkhuis vir ‘n bietjie skoonmaak. Ek tap koue water in my emmer buite by die kraan om my wasgoed in te was. Hang dit op en besluit om ook my hare sommer in dieselfde water te was aangesien ons nie veel water mag gebruik nie. Die dag het darem warmer geword so my hare word vinnig droog. Sal maar more sponsbad sodat ek nie te veel water gebruik nie.

Ons almal bly in dieselfde omstandighede en verstaan mekaar se nukke en grille. Die nuwe intrekkers lyk maar aanstellerig, maar gee kans, mettertyd sal hulle besef hier is nie plek vir pretensies en aansit nie, hier pas jy in of pas uit. Ek smeer maar vir my ‘n broodjie met grondboontjiebotter want daardie kombuis gaan nie vandag werk nie. Later lees ek ‘n boek. My kat is ook honger maar ten minste vang sy rotte en muise in die vlei en voel nie die steke so erg nie. Wat ek darem nie vandag vir ‘n koppie tee sal doen nie!

Die aand kruip nader en ek maak my deur en venster solank toe. Die ander gate van verval kan ek niks aan doen nie en ek skuif maar my matras rond sodat ek die maksimum voordeel trek uit die toe stukkies van my huisie. Hoe gelukkig is ek darem nie om hier te kan bly nie! Geen dik slotte en diefwering vir my nie. As ek op my matras op die vloer lê en opkyk sien ek die sterre flonker en wonder hoeveel jy moes betaal vir ‘n ekstra loergat in jou huis?

Vir oulaas lees ek uit my Bybel en lees van God se genade en vergifnis vir sondes. Ek besef weereens hoe gelukkig ek is om hier te kan bly by mense wat my verstaan en nie veroordeel nie. Wat mededeelsaam is in my vreugde en smart en wat my uitlos as ek allenig wil wees. Gelukkig om vandag vroeg by die kliniek te kon klaar wees en ‘n stukkie brood met grondboontjiebotter kon hê terwyl daar ander is wat minder as ek het. Dankie vir my kat wat ook maar honger is en koud kry maar nooit kla nie. Gelukkig dat ek ‘n God het wat genadig en barmhartig is en my gebede verhoor.

Dankie aan Doulos Armoedebediening wat die storie met Rietmark gedeel het.
Kontak Doulos Armoedebediening indien jy ‘n verskil wil maak in iemand se lewe!
Tel: 012 755 8199 of hans@armoedebediening.co.za.

Advertisements

About Rietmark

Rietmark was established in 1997 to assist small and home businesses with the marketing of their business or service. Every month 80 000 advertising booklets are printed and distributed in Pretoria Moot, North, East and Centurion. We also offer design and printing services - business cards, flyers, car magnets, banners, chromadek sign boards, posters, vinyl stickers and more! www.rietmark.co.za.
This entry was posted in Rietmark Outreach. Bookmark the permalink.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s